Burgerskap 2

Deur hierdie woorde het Jesus nie die familie waarin waarin God Hom geplaas het, verwerp nie. Inteendeel, Hy het sy ma so liefgehad dat selfs in sy lyding aan die kruis het Hy vir haar voorsiening gemaak. In hierdie gedeelte leer Hy ons oor die verantwoordelikhede van dubbele burgerskap waaroor alle Christene beskik.

As aardse burgers het christene familiebande met verantwoordelikhede, maar ons is ook hemelse burgers met verantwoordelikhede, want deur Christus is ons lede van God se familie. Deur Jesus is ons met God versoen. God is ons Vader en ons is Sy kinders (Rom 8:16-17). As deel van die koninkryk van God het ons verantwoordelikhede en is dit nodig dat ons prioriteite reg kry..
Die uitdaging vir elke Christen is om presies dit te doen..