Burgerskap 3

Terwyl nie een van ons sal kies om as ‘n bywoner te lewe nie, is almal sonder keuse bywoners in die geestelike sin. Ons is of bywoners en ver van God af (Ef 2:19) of ons is “bywoners en vreemdelinge’ van die wereld (1 Pet 2:11 OAV) Die een diskwalifiseer ons van die ander. ‘n Burger van die wereld is ‘n vreemdeling by God en omgekeerd.
Daar is egter mense aan beide kante wat dubbele burgerskap wil he. Daar is wereldburgers wat graag hemelburgers wil wees, maar nie hul wereldburgerskap wil opgee nie. Hulle wil hemelburgers word want hulle wil hemel toe gaan as hul doodgaan, maar intussen wil hulle graag in beheer van hul lewe bly.
Hierdie tipe dubbele burgerskap is nie moontlik nie.
Ons is in die wereld maar nie van die wereld nie..