Burgerskap 1
Regdeur sy bediening op aarde het Jesus aandag op die koninkryk van die hemel gevestig. Om een van God se kinders te wees, deel van sy familie, is veel meer werd as enigiets wat die wêreld ons kan bied.
Jesus sê die koninkryk van die hemel is soos 'n waardevolle pêrel.
Om deel van die koninkryk van die hemel te wees, 'n burger van God se koninkryk, is die waardevolste pêrel en is die geboortereg van elkeen wat opnuut gebore word. (Johannes 3:3)
Dit is nie burgerskap wat ons kan bekom deur ons eie meriete nie. Dit is 'n geskenk van God.
Deur ons Here Jesus Christus het ons die kosbare voorreg om deel van die familie van God te wees.