Vars water

Mar 11, 2019    Lees: 2 Kor. 1: 21-22 God self het ons saam met julle op hierdie vaste grond gevestig: op Christus. God het ons vir Hom afgesonder, ons as sy eiendom beseĆ«l en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang.

As gedoopte gelowige is daar geen vraag daaroor of die Heilige Gees al reeds in jou woon nie. God verseker jou daarvan.
> Die blote feit dat jy glo in God is al bewys daarvan, hoe mooi of hoe gebrekkig hierdie geloof ook mag wees- dit bestaan omdat die Heilige Gees reeds aan die werk is in jou.
> Waar in jou lewe is daar areas waar jy meer van die Heilige Gees moet sien?
> Bid tot God en dank Hom vir die versekering dat Hy reeds die Heilige Gees aan jou gee en vra Hom om jou te herinner om vandag meer te vra na wat die wil van die Gees in jou is.