Vir so lank as wat die Kerk bestaan het gelowiges die gebruik om bo en behalwe ‘n gereelde bydrae ook ‘n spesiale bydrae te maak vir die bedienings werk van hul gemeente. Met tye was dit na afloop van ‘n groot oestyd, vandaar die naam oesfees. In ander gemeenskappe was dit na skeer tyd. Later was die gebruik in baie gemeentes om dit ‘n tiendemaand dankoffer te noem. In Pellissier Gemeente praat ons van die Seisoen van Dankbaarheid.
Ons Seisoen van dankbaarheid strek van Oktober tot Desember. Dis ‘n tyd waar ons bo en behalwe ons normale dankoffer iets ekstra, uit dankbaarheid vir ons seëninge, gee. Hierdie bydrae speel ‘n belangrike rol om die veelvoudige bedienings in ons gemeente moontlik te maak en help verseker dat die werk wat ons doen kan voortgaan.
Ons teiken vir hierdie jaar se Seisoen van Dankbaarheid is R 1 800 000. Kom wees deel van jou gemeente se bedienings werk en maak ‘n impak op die lewens van mense wat Jesus leer ken en die gemeenskap waarin God ons geroep het.

Generosity: What are We Missing?

('n Bible Project artikel oor vrygewigheid)

Generosity is one of those things we’d probably all say we value, but how that practically works out in our lives may be a different story.
In our modern world, wealth is reaching record highs, yet statistically, giving as a percentage of income is lower than it was during the Great Depression. And conversations around money seem to have left the public square completely.
However, if you were to open the pages of the Gospels, you would meet Jesus—radically generous, void of worry, and talking about our connection to wealth and possessions all the time (e.g., Matthew 6:21, Matthew 13:22, Matthew 19:21, Luke 12:22-34). Why did Jesus talk about generosity so much? What are we missing when it comes to giving? How can we better understand and respond to the biblical message of generosity?

SEISOEN VAN DANKBAARHEID (10e maand dankoffer)

In Afrika is die laaste seisoen van die jaar ‘n tyd van nuwe lewe en groei!  Dis vir ons as kinders van God ook ‘n tyd van feesviering en nuwe hoop met die opbou na Kersfees. In hierdie drie maande fokus ons ook op die baie dinge wat ons het om oor dankbaar te wees.  God seën ons met so baie en dit het ons gebruik geword om in hierdie tyd bo en behalwe ons maandelikse dankoffer ook ‘n spesiale jaarlikse offer aan God te maak.  Vir hierdie boekjaar het ons R1 800 000 begroot.
Dis nie iets wat jy uit skuldgevoel of dwang hoef te doen nie - dis ‘n offer van dankbaarheid en vreugde!  Met hierdie offer maak jy dit moontlik vir ons as gemeente om die goeie nuus van Jesus deel van ander se lewens te maak en om lewens te verander op baie tasbare maniere.
Jy kan aanlyn bydrae HIER
Jy kan ook by die kantoor ‘n betaling maak op dit per EFT doen aan:
Pellissier Gemeente
ABSA Bank
Rek nr: 1570 580 384
Takkode: 334 334