Wat doen ons hier?

Welkom by Digiklesia se gemeenskap van leiers, gemeentes,
predikante, vloggers, bloggers, aanbiddingsleiers, denkers en
interessante mense wat saam dink en werk aan meer effektiewe
aanlyn bedienings- altyd gratis!

Webinare

Ons eerste 100% gratis webinaar vir gemeentes, leiers en predikante wat aanlyn bedien is die 14de Oktober.
Kliek hier en skryf in om op hoogte te bly van ons sprekers, temas, hulpbronne en detail.

Hulpbronne

Sodra ons artikels publiseer of 'n webinaar hou sal ons praktiese hulpmiddels wat jou en jou gemeente help om meer effektief aanlyn te bedien gratis hier beskikbaar stel.

Artikels

Hier is skakels na artikels, blogs en vlogs oor Digiklesia

Webinare

Digiklesia is die kerk wat geroep is om ook aanlyn mediums te gebruik om as huisgesin van God te funksioneer in 'n veranderende wêreld.
Ons webinare is 100% gratis en wil jou help om meer effektief aanlyn te bedien.

Al ons sprekers deel hierdie visie: dat die Kerk van Christus ook digitale mediums so goed as moontlik moet gebruik om mense met die boodskap en liefde van God te bedien en daarom deel hulle graag hulle kennis en ervaring met ander.

Die webinare is interaktief en nooi jou om deel te wees van die gesprek met kommentaar sowal as gefokuste vrae na sessies waarop sprekers kan reageer. Moet asseblief nie net kyk nie- laat weet ons van waaraf jy inskakel en deel jou vrae of opmerkings met ons. Die doel is om saam te leer.

Kyk hier na video's van ons 1ste webinaar:

14 Oktober 2020

Tyd: 8:30
Waar: Die skakel sal teen die 10de Oktober deurgegee word - skryf in deur die onderstaande vorm in te vul om te verseker jy kry plek.
Kostes: Gratis. Verniet. Mahala. 100%.

Sprekers:

Jan-Albert van den Berg

Digiklesia: Ontluikende tegnologieë vir nuwe gemeentelike praktyke.
Jan-Albert van den Berg is professor in praktiese teologie aan die Fakulteit Teologie en Religie (Universiteit van die Vrystaat). Jan-Albert se navorsing fokus onder meer op uitdrukkings van geloof op digitale platforms. Hy is die redakteur van die publikasie "Engaging the Fourth Industrial Revolution: Perspectives from theology, philosophy and education" (2020).

Cas Wepener

Prediking in Covid-tyd: ‘n Gesprek tussen Cas Wepener en Marileen Steyn.
“Cas Wepener doseer Liturgie en Homiletiek in die Fakulteit Teologie by die Universiteit Stellenbosch. Resente publikasies as mede-redakteur sluit in Bonding in worship. A ritual lens on social capital formation in African Independent Churches in South Africa, asook Ongekaart. ‘n Bronboek met roetemerkers vir oorgange.

Mike McDonald

The digital ministry.
Michael McDonald is Director of Strategic Relationships for BibleProject, a crowdfunded nonprofit animation studio dedicated to communicating a single, powerful message to the world: the Bible is one unified story that leads to Jesus. 

Francois Lamprecht

Effektiewe aanlyn bediening in Digiklesia.
Francois Lamprecht is tans predikant by Pellissier Gemeente in Bloemfontein en is die afgelope 20+ jaar betrokke in bedienings met unieke invalshoeke, op soek na vars maniere om die Goeie Nuus van Jesus na nuwe generasies te versprei. Hy lei 'n aanlynbediening en skryf oor die uitdagings en geleenthede van die digitale medium.

Evert Kleynhans

Kom ons doen dit goed.
Evert is an experienced new media creative with a demonstrated history of working in the visual production industry. Skilled in Cinematography, Directing Talent, Advertising, Editing, and Camera Operation. 

Berdene Burger

Van Arabiese nagte tot Arabiese minute.
Sedert 2012, is Berdene Burger 'n ywerige vervaardiger, regisseur en skrywer in die televisie- en film-industrieë. Kan 'n mens té fanaties oor jou werk wees? The proof is in the pudding. 

Kobus Schoeman

Digiklesia: Ontluikende tegnologieë vir nuwe gemeentelike praktyke.
Prof Kobus (W.J.) Schoeman is vanaf 2009 professor in praktiese teologie aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy was vir meer as twintig jaar ‘n voltydse predikant in drie NG gemeentes. Hy spesialiseer in gemeentestudies en leierskap. Sy navorsing fokus op die ontwikkeling van ‘n prakties-teologiese ekklesiologie en die empiriese analise van gemeentes. 

Carin van Schalkwyk

Digitaal op die platteland
Dr Carin Van Schalkwyk is predikant van die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk se gemeentes op Philippolis in die Suid-Vrystaat. 

Marileen Steyn

Prediking in Covid-tyd: ‘n Gesprek tussen Cas Wepener en Marileen Steyn.
Marileen Steyn is tentmaker predikant by Saldanha Gemeente met 'n spesifieke fokus op jeugbediening. Sy het 'n MDiv en besondere belangstelling in homiletiek en is tans besig met haar PhD in liturgie en pastoraat.

Charles James

Gesprek Fasiliteerder
Charles is spanleier by Pellissier Gemeente. Hy het 'n hart vir bedienings wat mense nader aan mekaar bring en wat die Goeie Nuus van Jesus vir almal versprei.

Program:

Inskrywing:

Digiklesia 1

14 Oktober 2020

Teken in om op hoogte te bly van ons webinaar sprekers, temas, hulpbronne en detail.

artikels