Toewyding 7 Mei 2021

Welkom by vanoggend se toewyding- jy weet nou hoe werk dit- dankie dat jy deel was vir gister sin en dankie vir jou reaksie- ek hoop jy het regtig tyd gemaak om te deel met een van jou klasmaats wat jy gesê het jy wil? Vandag is Vrydag...die naweek is op ons en hoe kan jy dit beter begin as met tyd by God...

Stap 1: Kyk

Stap 2: Word stil

Neem 1 min. en word stil. Word bewus van jou omgewing, van jou gedagtes. 

Stap 3: Lees

Psalm 1
(1) Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet,  (2) hy sê vir die Here:  "U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”
  (3) Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siekte.  (4) Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou 'n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante.  (5) Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oordag,  (6) vir pes wat in die donker toeslaan of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.  (7) Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.  (8) Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word.  (9) Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer,  (10) sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie.  (11) Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.  (12) Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.  (13) Jy sal oor leeus en adders loop, leeus en slange sal jy doodtrap.
  (14) “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.  (15) Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.  (16) 'n Baie lang lewe sal Ek hom geeen oor my hulp sal hy hom verbly.”

Stap 4: Reageer


















Stap 5: Luister

Stap 6: Praat met God

Reageer op die teks en wat jy van God gehoor en ervaar het deur met Hom te praat daaroor.

Stap 7: Geniet jou naweek!
Mag God se lig deur jou skyn so ver jy gaan.