Toewyding 6 Mei 2021
Welkom by vanoggend se toewyding- 'n geleentheid om in stilte bewus te word daarvan dat jy in God se teenwoordigheid is.
Gebruik die volgende 25 minute om God se Woord in te neem en jou oor te gee aan Sy leiding. Ons gaan stap vir stap saam daardeur stap. Jy gaan geleentheid kry om te luister, te lees en ook te reageer.

Stap 1: Kyk
Stap 2: Word stil
Neem 2 min. en word stil. Word bewus van jou omgewing, van jou gedagtes. Dit klink baie "hippy" maar dit help baie om rustig en diep asem te haal. Probeer dit...
Stap 3: Lees
Psalm 1
(1) Gelukkig is die mens wat nie loop volgens die raad van goddeloses, of staan op die pad van sondaars, of sit in die vergadering van spotters nie. (2) Hy vind egter vreugde in die gebooie van die Here en oordink sy voorskrifte dag en nag. (3) Hy is soos ’n boom geplant langs waterstrome, wat vrugte dra op die regte tyd. Sy blare verwelk nie; in alles wat hy doen, is hy voorspoedig. (4) Maar dit geld nie vir die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat die wind verstrooi. (5) Daarom sal goddeloses nie voortbestaan in die oordeel, of sondaars in die geselskap van regverdiges nie. (6) Want die Here waak oor die pad van die gelowiges; maar die paaie van die goddeloses lei tot ondergang.

Stap 4: Reageer
Stap 5: Luister
Stap 6: Praat met God
Reageer op die teks en wat jy van God gehoor en ervaar het deur met Hom te praat daaroor.