Alle vroue welkom om te kom "Stap met God".
Die jaar het teen n baie vinnige spoed afgeskop en dit is soms moeilik om tyd vir onsself te vind binne die gejaag, sowel as tyd waar ons werklik stil kan raak in God se teenwoordigheid. Daarom nooi ons jou uit om Saterdag, 6 Mei saam met ons te kom "Stap met God". Ons gaan n kort roete (2,5km) stap by Brandkop Bewarea, waar ons fokus gaan wees om stil te word en tyd saam met God te spandeer in die natuur. Die doel van die stap is nie om fisies te oefen nie, maar om tyd vir jouself saam met God te maak.
Op tye gaan ons in stilte stap so hierdie een is eerder net vir die volwassenes en ouer meisies.
Ons vra dat jul asb sal RSVP by die link hieronder

Stap met God Registrasie