
Paasfees is die hoogtepunt
van die jaar vir enige
volgeling van Jesus.
Dis hier waar ons die
grootste vreugde kom vier-
Jesus Christus se oorwinning
oor die dood en die graf.
Dis ons Lig te midde van
die soms oorweldigende donker.
Ons nooi jou om saam met ons
hierdie besonderse tyd van die jaar te vier.



Ons Paasstasies is 'n stil, intieme proses wat jou
20min tot 'n uur kan neem en wat elkeen
op hul eie in stilte beleef met tekste, verhale
en belewenisse wat jou help om die
gebeure van die naweek aan jou eie lyf te voel.
Jy kom kerk toe tussen 7:00 en 12:00 Vrydag
en volg die aanwysings of een van ons
vriendelike personeellede na waar jy sal begin.
Daar is 'n handleidings boekie wat jou
lei op die weg, jy kan een kry by die ingang
of dit sommer hier aflaai vir jouself.
Vir enige navrae kontak gerus ons kerkkantoor by 051 422 4010 of e-pos ons by ngk@ngkerkpellissier.co.za