fokus reekse
’n Preek-reeks is ’n groot hulpmiddel wat gemeentes help om vir ’n bepaalde tyd op ’n bepaalde tema te fokus. Hierdie reekse word fyn beplan en duur vir 5-7 weke. Daar is groot waarde daarin om 'n hele gemeente saam op so 'n reis te neem. Dit gee die geleentheid om ’n bepaalde tema vanuit verskillende kreatiewe hoeke te belig.
Dit gee goed beplande struktuur aan 'n gemeente se jaarbeplanning en gee gemeentelede 'n gevoel van samehorigheid en fokus.
Skaf een van ons bekostigbare reekse aan en ons sal graag saam met jou beplan aan die beste manier om dit ten volle te benut in jou gemeente.

Elkeen van ons reekse sluit die volgende in:
- 'n Stel videos wat pas gemaak is vir gebruik in kleingroepe.
verbeeldingryke beelde wat jou groep help om nuwe
insigte te ontdek uit die Woord.
- Kleingroep materiaal vir elke week. Hiermee kan groepe,
individue en selfs gesinne deur die teks reis met vrae
wat help om die temas in diepte te verken. - 5 Daaglikse Bybelstudies per week.
Elke dag van die reeks het 'n kort Bybelstudie
wat ons help om gefokus te bly op die temas
deur die week en om so dieper te groei in kennis
van God se Woord en wil oor die betrokke tema. - Die nodige bemarkingsmateriaal soos agtergrond prente, Powerpoint ontwerpe en inleidende videos is ook deel van elke pakket.