Pellissier gee om - Charles James

2020 is ’n vreemde jaar! Dit is onder andere ’n jaar waar ons opnuut besef hoe afhanklik ons van God is. Ons word herinner dat ons leefwêreld en self-opgelegde sekerhede in ’n oogwink kan verander! Dit is ook ’n jaar waarin ons opnuut besef dat gelowiges deel is van ’n geloofsgemeenskap, dat God ons vir mekaar gee om lief te hê en te ondersteun. Daarom het ons die PELLISSIER GEE OM Facebook-blad begin. Die Covid-19 krisis het 'n geweldige groot impak op baie van ons lidmate se besighede en finansies. Met hierdie blad wil ons 'n platform skep waar lidmate hulle dienste en produkte aan mekaar kan bekendstel asook kennis gee van werk geleenthede. Op hierdie manier wil ons vir mekaar omgee! Jy is baie welkom om jou produk, diens of betrekking op hierdie blad te “post”. Maar daar is ook baie lidmate wat siek is en deur ander krisisse gaan. Ons dink sommer aan twee gevalle: Attie Steyn wat steeds in ICU is met COVID-19 en klein Elsuné Fyver by wie daar aggressiewe kanker gediagnoseer is. 
So is daar ook baie ander persone wat baie siek is en deur ’n baie moeilike tyd gaan. Ons wil graag hierdie blad gebruik om om te gee. Indien jy weet van gevalle waar omgee benodig word, plaas die asb. op PELLISSIER GEE OM se Facebook-blad. So kan ons mekaar help en vir mekaar bid! 
Pellissier groete,
Charles James

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags