Glimlag- Rikus Hattingh

Ek het lanklaas in my lewe so koud gekry soos die week wat verby is. Alhoewel ek vir 8 jaar op Bethlehem gebly het, is hierdie ‘n anderste tipe koue. Verlede Sondag het ek op Ficksburg gepreek en daar daal die kwik mos tot -10ͦC. Hierdie koue het my baie laat dink:
Hoeveel het ek om voor dankbaar te wees? Ek gaan slaap elke aand in ‘n warm bed. Ek het ‘n dak oor my kop. Ek het warm water in my huis. Ek het ‘n motor om mee te ry. As ek in die oggend skool toe ry en ek sien hoeveel mense moet met die fiets werk toe ry of selfs loop, dan kan ek nie anders om te sê: “Dankie, Here vir U genade nie.”
Maar voor julle dink ek gaan nou weer ‘n preek afsteek oor hoe ons ‘n verskil kan maak, dis nie wat ek met jou wil deel vandag nie. (As gelowiges het ons nie ‘n keuse nie, ons moet ‘n verskil maak.)
Wat ek met julle wil deel is is die ander kant van die muntstuk. Het julle al opgelet hoe vriendelik is die mense wat niks het nie. Die man/vrou wat werk toe loop of met die fiets ry groet my elke oggend met ‘n glimlag op hulle gesig. Ek kan dit nie sê van die mense wat saam met my in die verkeer ry nie.
In hierdie koue maak die vriendelikheid van die petroljoggie my sommer lus vir die dag. Die mooi manier hoe die sekuriteitswag by die skool my groet met ‘n glimlag op sy gesig maak dat ek sommer rustig is as ek die verkeer weer aandurf kantoor toe.
Wat my pla is dat ek dit nie beleef by ons wat alles het nie. In die Wimpy hoor ek ‘n vrou wat ‘n kelnerin uitskel: “hoekom vat jy so lank met die koffie, kan jy nie sien hoe koud dit is nie.” Hierdie is maar een van honderde sulke voorbeelde.
Ek het gewonder: Kan ons nie hierdie winter ‘n plan maak dat ons met ons christenskap op ons gesigte kan loop nie? ‘n Glimlag kos jou nie geld nie. Om vir iemand spasie te maak in die verkeer gaan jou nie doodmaak nie. Om mense te groet is nie ‘n misdaad nie. Ons kry almal koud, maar om met ‘n suur gesig rond te loop en “moun” gaan ook nie die koue wegvat nie..
“Use your smile to change the world, don’t let the world change your smile.”
Rikus
PS: Onthou DRAMATIES begin volgende week..
Posted in
Tagged with , ,

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags