GR (Gemeenteraad) Nuusflitse - Julie 2019
- Baie dankie!
Die GR is ook opreg dankbaar vir die gereelde betrokkenheid van bedienings wat sorg dat mense wat nie genoeg kos, klere en die nodige sorg kry nie, ook Jesus se liefde ervaar. Mag ons hierdie Jesus-liefde ook meer en meer met mekaar deel deur ons waardering gereeld teenoor mekaar uit te spreek.
- Ons gemeente se kontantvloei is gesond! Ons inkomstes is egter so 4% onder begroting. Sien die onderstaande grafiek.
Die kontantvloei is positief, maar die inkomstes is 4% minder as begroot. Ons inkomstes gedurende hierde periode bestaan hoofsaaklik uit eredienskollektes, dankoffers en dan die inkomstes van die Familiefees en die Donkie-vertoning wat aangebied is.
Die dankoffers was ongeveer R 150 000 onder begroting, maar die Familiefees se inkomstes was baie goed en was R 96 000 beter as begroting wat die tekort verminder het. Die eredienskollektes is R 56 000 onder begroting.
Die uitgawes soos in die grafiek gesien kan word, is baie mooi onder beheer.
Die boufonds beloop tans R 802 000. Die Gemeenteraad is steeds besig om moontlikhede te ondersoek sodat die bouwerk kan begin om die fasiliteite wat so nodig is, daar te stel.
Ons het ook ‘n skenking ontvang van ‘n afdak en solar-elektrisiteit installasie wat die elektrisiteitskostes van die kerkkantoor beduidend sal verlaag.
Gemeenteraad Groete
Related Posts
Recent
Archive
2021
2020
March
September
2019
January
March
April
July
August
November