Yskoue fees, Vuurwarm harte - Charné Mathewson

Die afgelope week was daar ‘n atmosfeer van feestelikheid in die yskoue Bloemfontein. Waar jy kom, het jy mense hoor gons oor die kunstefees en of hulle bereid was om in die koue steeds in die lane te gaan rond wandel. My besoek aan die Vrystaat Kunstefees se hoogtepunt was natuurlik Pellissier Gemeente se stalletjie! Die warm glimlagte wat jou groet en die nog warmer kos wat jy kry om te eet, was die perfekte kombinasie vir die koue.
Om die Pellissier Gemeente-hartklop nog warmer te maak Marie, Susan en span (almal van hulle) die prys op die fees gewen vir naas beste restaurant! Ek is egter van mening dat dit die beste was, want verby daardie warm glimlagte kan mens eenvoudig nie verby stap en níe heerlike roosterkoeke koop nie.
Dankie!
Dankie aan elkeen wat ‘n bydrae, groot of klein, gemaak het om hierdie feestelikheid ‘n sukses te kon maak! Elkeen se moeite en tyd word raak gesien en so baie waardeer! Dit is hierdie geleenthede wat ons meer as net gemeente maak – hier raak ons familie! Langs die braaier, die smeer en pak tafel en die toonbank leer ons mekaar se harte ken en dit is mos wat familie is! Mense wat mekaar se harte ken!
Bly warm!
PS: Onthou asb. die gesinsdiens komende Sondag! Dit is ‘n geleentheid waar die hele familie, van jonk tot oud, saam iets in die erediens kan beleef! Sondag, 21 Julie, sal daar weer gewone Sondagskool wees!
Groete
Charné

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags