Wat erf jou kind?

Wat erf jou kind?
Van al die dinge wat jy vir haar/hom/hulle agterlaat- wat is die belangrikste?
Ek lees die vakansie ‘n boek en die volgende woorde tref my soos koue water: “Die ernstigste taak wat kerke nog altyd in die gesig gestaar het is die oordraging van identiteit aan die nuwe generasie.” Menende: kan ons ons geloof aangee aan ons kinders?
Die vraag is ontstellend want ons hou daarvan om te dink dat ons kinders natuurlik Christene gaan wees, want hulle word mos in ‘n Christen huis groot. Maar êrens diep binne besef enigiemand wat die Bybel al gelees het dat dit nie so werk nie. Jou kind gaan hulle eie pad stap en tussen hulle en God moet daar dinge gebeur wat jou huis nie kan waarborg nie.
Die vraag is ontstellend want ons dink aan jeug bediening in kerke soms as “iets wat die kinders moet besig hou”, soms as ‘n nodige lastigheid om by te hou met ander kerke, soms as ‘n manier om nuwe lidmate in te bring en soms glad nie. Die meeste gemeentes in ons land het nie ‘n enkele werknemer of goed toegeruste vrywilliger wat fokus op jong lidmate nie.
Die vraag is ontstellend want ons dink nie gereeld daaraan nie. Kan jy jou geloof aangee vir jou kind?
Dis ontstellend want die antwoord is: Ja.
Regoor die wêreld soos hier in Suid- Afrika wys goeie navorsing dat die grootste menslike invloed op die vorming van ‘n persoon se geloof hul ouers is. Jy kan nie namens jou kinders ‘n verhouding met Jesus hê nie, maar hulle erf by jou...
Hulle erf jou entoesiasme oor God en die kerk...of hulle erf ons lou houding daaroor.
Hulle erf jou vermoë om te hoop in God in moeilike tyd...of hulle erf ons siniese uitkyk op die lewe.
Hulle erf jou vreugde in ‘n wêreld wat hulle glimlag wil wegvat...of hulle erf ons mismoedigheid.
Dis skrikwekkend is dit nie? Hulle gaan by jou erf hoe God jou laat voel, watter hoop jy in die kerk vind, watter eenheid jy bou met ander in jou gemeente. En hulle sien deur ons woorde oor ons “geloof”. Hulle sien ons “geleef”.
Dis ook ‘n ontsettende vreugde. Dit wil voorkom of God jou en my die ontsettende voorreg gee om baie van dit wat ons van Sy waarheid in ons eie lewens beleef het aan ons kinders oor te gee. Dit beteken ons kan werklik deel wees van hulle ewige storie ook. Ek kan my kind help om God te sien!
Raai wat is die tweede groot invloed op hulle geestelike pad? Die gemeente waarin hulle is- hulle kerk. Waar ouers en gemeentes saamwerk word die kans dat kinders ‘n getroue pad met God stap dramaties verhoog.
Ek het die voorreg om deel te wees van ‘n gemeente waar ons jeug bediening sien as een van die grootste take en verantwoordelikhede van die kerk. Ons het ‘n span mense wat toegewyd werk daaraan om jong gelowiges te help om God te sien, te ervaar, te vertrou en te volg. Ons het stelsels in plek  om daardie groei aan te moedig en ons hou aan slyp daaraan. As jy nie ‘n kind hier in die gemeente het nie- kom word deel van die jeug bediening- kom word deel hierdie groot taak van die kerk.
As jy ‘n kind in die gemeente het- jy is reeds deel daarvan. Jy is welkom om aan te meld om meer te doen, maar asb. wees eerstens ‘n betrokke ouer. Ons het nodig om hierdie saam met jou te doen. Die gemeente is in die tweede plek. Jy as ouer is die groot rolspeler in jou kind se geestelike groei.

Hierdie jaar lyk ons jeug program as volg:
*Let veral op die indeling van graad 5 en 6, graad 7 en 8 wat nou in die aande is en graad 9-11 wie se tye skuif na 17:15*


Pienkvoet bediening: 
Babas tot 3 jaar in kelder saal. Christelle Janse van Rensburg - 082 313 1195, vanzyl.christelle19@yahoo.com

Kleur Kabouters: 
3 tot 6 jaar tydens oggenddienste in die kleuter lokaal by die kerkkantoor. Marieze Venter - 083 284 6058, marieze@webmail.co.za

KFC: Gr. 1 - 4. 
Tydens oggend eredienste by Pres. Brand Laerskool te Wag ‘n Bietjiebos laan. Charne Mathewson- 083 2946640, charne.mathewson@gmail.com

FXIT: Gr. 5 & 6.
Tydens oggend eredienste by Pres. Brand Laerskool te Wag ‘n Bietjiebos laan. Charne Mathewson- 083 2946640, charne.mathewson@gmail.com

opPad: Gr. 7 & 8. 
Sondae 17:15 in die ouditorium by die kerk. Charne Mathewson- 083 2946640, charne.mathewson@gmail.com

JonkSaam: Gr. 9-11
 Sondae 17:15 by die kerk/ betrokke mentor se klas of huis. Zandra van Niekerk – 051 4224917, zandra@ngkerkpellissier.co.za

Tekkie bende: 
Gr. 1 tot 5’s op Vrydagaande om 18:00 in die Keldersaal. Ilandrie Mouton - 082 5622562, illandriemouton@gmail.com

Studente: 
Kom weekliks bymekaar soos gereël met mekaar. Johnde Victor – 071 1433605, victor.johnde@gmail.com

Jong Erediens: 
Sondae 18:30- 20:00. Francois Lamprecht – 082 3743983 francois@ngkerkpellissier.co.za
Posted in
Tagged with , , , ,

Related Posts

Recent

Archive

Categories

Tags